Is jou hart seer?

Uit Manna Nov/Des 2008 (Un-edited)

Deur Christo Lues

 

Die hart is die middelpunt van al ons emosionele wese. Wanneer jou hart seer is, lei jou hele liggaam daar onder. Ons fisiese hart is nog meer belangrik, en as hy siek word, is ons in groot moeilikheid.

 

ʼn Maand of twee gelede was die hele land aan die praat oor die hartoperasie wat op nasionale TV uitgesaai was. Dit was voorwaar verstommend om te sien hoe die hart binne in die borskas klop en wat moderne tegnologie kan doen om iemand te help.

Almal is meer bewus daarvan om te sorg dat hulle hartsake in order is. Net soos met ons emosionele hartsake, is dit belangrik om te sorg dat die raad wat jy oor jou hart kry, korrek is, anders kan jou hart dalk nooit optimaal funksioneer nie of kan jy sterf.

 

Die moderne media is baie aggressief met die verspreiding van inligting oor hartvatsiektes.  Ongelukkig is die populêre aanbevelings wat die rondte doen nie altyd in lyn met goeie wetenskaplike feite nie. Indien jou are verstop is met cholesterol, is die eerste ding wat jou dokter aanbeveel, dat jy ʼn geen vet dieet moet volg. Die soort dieet is uiters gevaarlik, omdat jou liggaam vet nodig het om, brein funksies, sel bou funksies en hormoon vervaardiging te kan uitvoer. Indien jy gehoorsaam is, en dit doen, behoort jou cholesterol te normaliseer na wat populêr aanvaar word as ʼn veilige vlak.

Indien nie, skryf jou dokter ʼn Statin voor. Die werk van hierdie chemikalie is om jou cholesterol vlak af te dwing tot die veilige vlak, en dit is dan ook presies wat gebeur. Jy, en jou dokter, is dan gelukkig dat als nou onder beheer is, of so wil hy glo.

 

ʼn Studie wat in die Lancet gepubliseer is, het daarop gewys dat bykans drie kwart van mense wat in die hospitaal beland, met verstopte are, se cholesterol normaal is! Dit beteken dat die dokter tevrede is dat hierdie persone se cholesterol onder die gevaarlike hoë merk is, maar dat hulle are steeds aanhou om te verstop. Dit gebeur dan ook gereeld dat hierdie persone herhaalde omleidings of stente moet kry, ten spyte daarvan dat hulle ʼn normale cholesterol waarde het.

 

Dit spel een ding: Ons oog is op die verkeerde bal. Ons kry die cholesterol af maar dit help nie om lewens te red nie.

Om die waarheid te sê, die bal wat ons dophou werk nie net nie, maar is ook baie gevaarlik! In sy boek “Did your Doctor Tell You?” wys die gerespekteerde Suid Afrikaanse Professor Willem Serfontein op die gevare wat statins inhou, dit sluit onder andere in:

· Verhoogde kans op Kanker,

· Onderdrukking van Insulien vlakke (wat lei tot Diabetes)

· Verswakking van die hartspier (wat lei tot hartversaking)

· Onderdrukking van die immuunstelsel

· Dood van die fyn senu punte in die liggaam

· En nog baie meer!

Nogal ernstige newe effekte, van iets wat jou behoort gesond te maak!
 

Nog ʼn studie wat ook onlangs in die Lancet gepubliseer is wys daarop dat Omega 3 (visolie) baie meer effektief is om lewens te red as wat Statins is.

 

Baie geleerdes probeer rondom die probleem kom deur te redeneer dat jou cholesterol waarde van 4 dalk te hoog is vir jou. Hoe dit ook al sy, die cholesterol trein rol voort en die farmaseutiese maatskappye oes groot.

Daar is egter baie gesonde individue wat rondloop met ʼn hoë cholesterol en wat perfekte are het met geen verstoppings nie.

 

Die vraag ontstaan dan, wat is die eintlike probleem? Hoekom verstop die are? As cholesterol nie die groot vyand is nie, wat is dan?

 

Indien ek jou sou vertel van iets wat veertig maal meer akkuraat is as cholesterol, om hartvatsiektes te voorspel, behoort jou hart vinniger en warm te klop.

 

Wel dis waar. Indien jy ʼn klein bietjie eie inisiatief aan die dag lê, kan jy hierdie toets laat doen en bepaal wat jou eintlike risiko vir hartvatsiektes is.

 

Hierdie belangrike ding waarvan ek praat is Homosistien. Homosistien is ʼn aminosuur wat deur ons liggaam gemaak word uit ons normale dieet. Indien die homosistien waarde in jou bloed te hoog raak, kan jy sommer ʼn hele wa-vrag van siekte toestande ontwikkel en dit sluit in:

· Hartvatsiekes,

· Hartaanvalle

· Osteoporose

· Infertiliteit

· Beroerte

· Kanker

· Diabetes

· Seksuele wanfunksionering

· Hoë bloeddruk

· Alsheimer se siekte

· Geboorte defekte

· En sommer nog 40 ander.

 

Terwyl jou liggaam homosistien maak, deur bloot ʼn normale dieet te volg, word homosistien omgeskakel na twee ander produkte toe. Die een is Sam-e, ʼn hormoon wat jou laat goed voel, die ander is Glutathione – ‘n antioksidant wat jou brein beskerm.

Die probleem ontstaan wanneer die omskakeling van homosistien na hierdie twee voordelige bestanddele, vertraag word of oneffektief raak. Dan bou homosistien op in die bloed en kan veroorsaak dat cholesterol en ander bestanddele aan die binnekant van jou are begin vasplak.

Die rede hoekom die omskakeling van homosistien oneffektief raak, is omdat die mikro – voedingstowwe wat die omskakelings proses moontlik maak, nie beskikbaar is nie. Redes hiervoor kan wees dat jy dit nie inneem nie, of dat jy dit inneem, maar weens ‘n suur pH, absorbeer jou liggaam dit nie genoegsaam uit jou dieet nie.  

 

Net soos cholesterol is homosistien van kardinale belang vir die normale funksionering van jou liggaam, daarsonder, is ons in groot moeilikheid!

Wanneer die vlakke egter verhoog, as gevolg van redes wat ek hierbo genoem het, raak die effek daarvan op die liggaam negatief.
Om te bepaal wat jou vlak van homosistien is, moet jy ʼn patoloog besoek wat ʼn bloedmonster sal neem om die waarde te toets. Dit is nodig dat jy vir ten minste tien ure voor die toets vas, so ek beveel gewoonlik aan dat jy dit eerste ding in die oggend doen en daarna ontbyt eet. Dis egter toelaatbaar om water te drink.

 

In Suid Afrika is die aanvaarbare waardes vir die homosistien lesing tussen 5 en 15. Neem byvoorbeeld ʼn geval waar jou bloeduitslag ʼn waarde van 10 aandui, volgens die patoloog (en jou dokter) is hierdie waarde perfek. Die Suid Afrikaanse strekwydte van 5 tot 15 is ongelukkig te wyd, en kan baie misleidend wees.

Indien jy egter die beste vir jou hart en hartvate wil doen, behoort jy te poog om jou homosistien waarde onder 7 te kry. In ander dele van die wêreld is die boonste grens reeds verlaag, om die net nouer om die veilige sone te trek.

 

Om jou homosistien waarde af te bring is ook nie te moeilik, of duur nie, en jy hoef nie duur en gevaarlike chemikalie te neem daarvoor nie.

 

Daar is ʼn paar vitamiene en minerale wat nodig is om te neem, en dan behoort jou waarde stadig te verlaag tot binne die veilige vlak van onder 7.

 

Indien jou waarde tussen 9 en 15 is, kan die volgende help om die waarde te verlaag:

· Folien suur - 1200 mikrogram

· Vitamien B12 -  1 mikrogram

· Vitamien B6 – 75 mg

· Vitamien B2 – 20 mg

· Sink  - 15 mg

· TMG 2000mg

Neem dit dan daagliks. Indien jou waarde laer is, byvoorbeeld 8, kan jy die hoeveelhede halveer en indien dit bo 15 is, is dit raadsaam om effe meer te neem.

 

Indien jy dink dit klink te ingewikkeld vir jou, maak gerus ʼn draai by jou naaste gesondheids winkel, want daar is bestaande formules beskikbaar wat al hierdie aanvullers in een kapsule bevat. Neem hierdie aanvulling vir twee maande, en laat jou waarde dan weer toets. As als goed gaan behoort jou waarde aansienlik laer te wees. Indien jy sukkel om jou waarde af te bring, is daar meer areas van jou gesondheid wat ook aandag nodig het, hiervoor beveel ek aan dat jy na my DVD reeks, Understanding The Health Puzzle, kyk.

 

Dit is egter ook belangrik om van jou gewoontes effe aan te pas. Hier volg ʼn paar riglyne.

· Verminder inname van te vetterige vleis, en eet organiese vleis waar moontlik.

· Vermy egter alle margarien en vervang dit eerder met ʼn bietjie botter of palm vrug olie (Carotino) en moenie olyf olie gebruik om jou pan te smeer nie. Die verhitting van die olyf olie maak dit ongesond, gooi dit eerder oor jou kos, nadat jy dit gebraai het.

· Eet organiese groen groentes.

· ʼn Huisie knoffel ʼn dag is baie voordelig – indien die smaak te sterk is, kan jy dit sommer insluk soos ʼn kapsule.

· Vervang gewone wit tafel sout met organiese Himalayan Kristal sout – hierdie sout is gebalanseerd met al die minerale en is baie voordelig om te gebruik, veral, as jy hoë bloeddruk het.

· Verminder jou inname van kafeïne soos in koffie, tee en sjokolade.

·  Beperk jou inname van alkohol tot ʼn minimum.

· Neem ʼn goeie maak multivitamien, verkieslik in kapsulevorm.

· Neem 3000mg tot 6000mg Omega 3 per dag.

· Neem ʼn wye spektrum anti-oksidant.

· Indien jy rook, is dit bykans onmoontlik om jou homosistien vlak te verlaag.

· Sorg dat jou liggaam se pH alkalies is – soos ek in vorige artikels verduidelik het moet jou speeksel ph omtrent 7.5 wees.

· Verhoog jou water inname.

· Kruie soos rooi peper en “Hawthorn” bessie is uitstekende natuurlike tonikums vir jou hart. Indien jy op cholesterol medisyne is of was, is dit uiters belangrik om met ekstra Co-ensiem Q10 aante vul, aangesien hierdie chemiese middels Co-Q10 uitput wat lei tot hartversaking.

 

Ek het ʼn klomp tegniese inligting met jou gedeel, maar dit is baie belangrik om korrek na jou liggaam om te sien. Wanneer ons liggame optimaal funksioneer, kan ons optimaal in die koninkryk van God aangewend word.

Indien jy meer oor die onderwerp wil weet, raai ek die volgende verdere leesstof aan;

The H-Factor, deur Patric Holford en Dr James Braly.

Did your Doctor tell you? Deur Professor Willem Serfontein, uitgegee deur Struik.

© Eirene Health Shop 2014