Hoekom baie nie hulle potensiaal bereik nie

Die atrikel is nooit geplaas nie

Deur Christo Lues

 

Jare gelede het ek met ʼn volwassene in die geloof gesels. In die loop van die gesprek noem hy toe dat hy dink Satan die Christene met ʼn baie groot leun gevang het. Nuuskierig om te weet wat hy bedoel het ek hom daaroor uitgevra. Sy antwoord het iets soos volg gelei.

Vir jare word ons grootgemaak met allerhande lekkernye. Ons geniet van kleins af om lekkertjies, koekies, gegeurde melkies ens. te eet en word ook daarmee beloon.

Soos wat ons groter word, begin ons dan koffie drink met lepels vol suiker daarin. Ons begin gaskoeldranke drink wat belaai is met suiker of kunsmatige versoeters. Ons eet vinnige wegneem etes van bekende handels merke, wat presies weet hoe om ons jong mens verbeelding vas te vang met ʼn waardelose speeldingetjie wat ons “gratis” kry as ons die kindermaaltyd bestel.

 

Wanneer ons tieners word, en nou ons ‘eie kop’ kan volg, is daar die ligte alkoholiese drankies, wat stelselmatig ons jongmens brein voorberei op iets sterker wat in die toekoms gaan volg. Omdat ons as jong tiener groot word, en liggaamlik begin ontwikkel,  raak ons onseker oor waar ons behoort in te pas, en is ons maklik beïnvloedbaar deur vriende, wat rook en geleentheids dwelms gebruik. Ons dink baie keer dat ons tog nie deur ons ouers verstaan word nie, en dat ons vriende ons baie beter verstaan en dat wat ons saam met hulle doen, rigting aan ons lewe gaan gee, ten minste word ons as deel van die groep gesien.

 

Soos wat ons meer kontak met die werklikheid begin verloor, begin ons na iets meer soek, en vind dit dikwels in seksuele verhoudinge. Omdat ons bang is dat ons ouers ons gaan uitvang begin ons maklik leuens vertel oor allerdaagse nuttlooshede.

 

Wanneer ons oud genoeg raak begin ons na-skoolse opleiding of ons soek ‘n werk wat ons kan besig hou, en darem kan betaal vir my en die maat wat by my ingetrek het  en met wie ek soms ʼn seksuele verhouding het.

 

Later verdien jy meer geld, en jou aansien styg, as dit nie gekortwiek word deur swak gesondheid, of swak karakter eienskappe soos leuens,  flirtasies en ander afstootlike gewoontes nie. Jy eet gereeld uit by die aanvaarde sosiale uithang plek, waar die vriende is, en die kos swak is.

 

Kort voor lank besef jy dat jou saamwoon maat nie die een vir jou is nie, en begin jy soek na iemand vars, iemand nuut, net om uit te vind dat jou maat swanger is. Op die punt maak jy een van twee keuses, jy besluit om uit blote pligsbesef met haar te trou, of julle besluit as ‘volwassenes’ om die ‘ongewenste swangerskap te termineer’. Jy regverdig dit baie maklik omdat julle nie ʼn kind in hierdie gebroke wêreld wil inbring nie.

Die keuse was ʼn gemors en julle begin mekaar beskuldig vir wat fout gegaan het. Kort voor lank is julle uitmekaar, of indien julle getroud was, nou in die egskeidings hof.

 

Omdat jou binneste pyn oor die situasie begin jy depressief raak. Jy wil nie pille drink nie, daarom is enige vorm van alkohol ʼn uitweg. By die werk neem stres toe omdat jou produktiwiteit afneem. Omdat alkohol nie in werksure aanvaarbaar is nie, gebruik jy sigarette as die naas beste uitweg om jou ‘stresvolle’ werk  te kan hanteer. Kort voor lank is jou werk op die spel, en jy bevind jou in ʼn ‘loopbaan’ situasie waar jy of jou werk gaan verloor, of toegee aan ʼn goedkoop seksuele verhouding wat vir ʼn kort tydjie uitkoms bied.

 

Later ontmoet jy weer iemand, trou en kry twee kinders. Jy gebruik chemiese kontrasepsie of kry ʼn klein ‘snip-snip’ operasie. Jou kinders en werk is jou hoof fokus in die lewe. Jy ry agter hulle aan, ry hulle rond en kry hulle met ʼn gestoei deur skool en op universiteit.

 

Skielik is jy veertig! Die helfte van jou lewe is verby. Dit tref jou soos ʼn hamer voor die kop  -  dat jy nog bykans niks blywend in die lewe bereik het nie. Skielik lyk die groot huis en die twee karre nie meer so wonderlik nie. Jy begin wonder of daar dalk ʼn ander pad vir jou was, ʼn pad wat jy gemis het? Is hierdie regtig waaroor die lewe gaan? Jy besluit om die gedagte uit jou kop te skuif, want jy moet fokus, jy het vanmiddag ʼn dokters afspraak. Jy het die laaste tyd nie so goed gevoel nie.


Die telefoon lui. Dis die dokter wat skakel om te sê jy moet hom dringend kom sien, daar was iets ‘abnormaal’ in jou roetine bloedtoets.

Jy kom uit die dokter se spreek kamer, verslae, jy kan dit glad nie verstaan nie, hoe kon so iets jou getref het.

Jy bevind jouself met hande vol pille, wat geweldige newe effekte veroorsaak na jou ‘lewensreddende’ operasie.

Jy onthou skielik dat daar een is wat jou gesond kan maak – God.

 

Wat hierdie wyse man probeer uitbeeld het, was dat ons as Christene ons lewe en ons liggame vir ongeveer veertig jaar oorgee aan ons eie giere en luste.

 

Hy gaan toe verder deur te vertel hoe anders dit kon gewees het, en dat ons, ons kinders hieroor behoort te leer.

 

Ons behoort van kleins af ʼn gesonde leef patroon te volg vir beide liggaam en siel. Ons moet leer, dat as ons net een liggaam, en een lewe het, en alhoewel God baie genade het, daar ook blywende gevolge van ʼn roekelose lewe gaan wees.

 

Ons moet van kindsbeen af leer dat ons nie per ongeluk gebore is nie. Dat God ʼn definitiewe uitgewerkte plan vir ons lewe het. Dat God die beste vir ons in stoor het en dat ons dringend moet uitvind wat dit is. Daar word gesê dat as God ʼn nood in die wêreld sien, hy ʼn kind in die wêreld instuur. Ek wonder baie keer hoeveel goddelike politieke leiers, prokureurs, ingenieurs, mode ontwerpers, fotograwe, regisseurs, boere, besigheids manne ens. nooit gebore is nie, omdat hulle ouers kortsigtig was.

 

Sy slot woorde was dat Satan ons vir hierdie leun gevang het, van vergrype aan als wat lekker smaak, lekker klink, lekker lyk en lekker voel.

Wanneer ons egter rondom veertig jaar, die fleur van ons bediening behoort binne te gaan, vind ons uit dat ons cholesterol, bloeddruk, diabetes, arteritis, hartomleidings, bors kanker, gebroke huwelike, rebelse kinders, skuld, depressie en baie meer ons totaal immobiliseer. Hierdie goed neem dan so baie energie om te beveg, dat ons nooit by die roeping uitkom wat God vir ons beplan het.

 

Wat staan jou nou te doen?

Die beste raad wat ek jou kan gee is om self verantwoordelikheid vir jou eie lewe te begin neem.

Neem verantwoordelikheid vir jou eie geestelike groei. Neem verantwoordelikheid vir jou verhoudinge met jou maat, jou kinders en vriendskappe.

Neem verantwoordelikheid vir jou eie gesondheid. God het alles tot jou beskikking gestel. Hy het egter ook ʼn woord van waarskuwing gegee toe Hy gesê het, dat  als aan jou gegee is, maar nie als voordelig vir jou is nie.

 

Vir jou gees en jou gedagtes:

Ek beveel een resep aan: keer terug na die ou wee toe. Keer terug na die Woord van God toe. Die handleiding van die mens was nog nooit so nodig om te volg soos nou nie. Jesus het gesê dat hy die Vader sal bid om vir ons ʼn ander helper te stuur, die Heilige gees, wat ons in alle waarheid sal onderrig. VRA Hom, wat jou te doen staan, en toets ALS wat jy hoor aan die Woord. Gebruik die Woord van God as die lig vir jou pad en die lamp vir jou voet. Lees en bestudeer dit daagliks en vra die Gees om dit vir jou oop te breek.

As die Here iets aan jou openbaar,  - Neem aksie!

 

Vir jou liggaam:

As jou liggaam optimaal funksioneer, is dit soveel makliker vir jou denke om helder te funksioneer.

Keer terug na natuurlike medisyne, soos God dit in die natuur gegee het.

ʼn Paar basiese en eenvoudige dinge wat jy kan doen om beter te voel sluit onder ander die volgende in.

Probeer om sover as moontlik kos te eet wat nie met chemikalie behandel is nie. Eet organiese groente, eiers, vleis en matige hoeveelhede vrugte.

 

Maak seker jy drink genoeg skoon water. Water wat oormatig gefiltreer is, is uiters nadelig vir die liggaam, soos byvoorbeeld, tru-osmose filter of gedistilleerde water. Ek beveel eerder KDF gefiltreerde water aan. Maak seker dat die water wat jy drink ʼn pH van hoër as 7 het. Meer hieroor op my webtuiste.

Sorg dat jy daagliks uitstekende anti-oksidante, salm olie, minerale en vitamien inkry. Ek het al baie hieroor geskryf in vorige uitgawes, lees dit weer.

 

Sorg dat jy alle suiker uit jou dieet uitsny. Indien jy oorgewig is, probeer om vir 90 dae, ALLE soet goed uit jou dieet uit te skakel – selfs vrugte. Jy kan weer later matig vrugte eet. Onthou, die ding wat vet maak en are verstop is nie vet nie, maar fruktose. Fruktose is die ding wat die soet smakie aan daai lekkernye gee. Bly weg vir 90 dae, en kyk wat jou gewig, bloeddruk en cholesterol doen.

 

Vermy alle geprosesseerde vleis soos, salami, polonie, koue vleis, spek, rooi worsies, visvingers ens.

Ek beveel gewoonlik aan dat jy jou eetplan volgens jou bloedgroep begin aanpas, ek sien al vir ʼn dekade uitstekende resultate daarmee. Gebruik dit as riglyn vir wat vir jou voordelig of nadelig is.

 

Stap daagliks vinnig vir vyftien minute as gesin. Gaan doen iets saam met jou maat wat julle nog nooit gedoen het nie!

 

Na vyf dae behoort jou energie te begin terug keer, en sal jy vroeg genoeg kan opstaan om te hoor wat die Here vir die jou te sê het.

© Eirene Health Shop 2014