Die gevare van suiker


Deur Christo Lues

 

images-34 copy 5

Die mens is nou maar een maal verslaaf aan iets wat soet is. Sommige mense reken dat dit ‘n aangeleerde smaak is, maar ek twyfel sterk. Van die eerste oomblik dat ‘n baba borsmelk drink, ervaar hy wat soet beteken. Dit is daarom nie vreemd dat ons, ons hele lewe die soeter dinge in die lewe uitsoek nie.

In die natuur is daar baie dinge wat soet smaak, van boombas tot vrugte. Die probleem ontstaan wanneer ons daardie soet smake isoleer en te veel daarvan begin verbruik.

 

Het jy al ooit ‘n mamma gesien wat ‘n kleinding suiker voer, ek bedoel lepel vir lepel soos wat sy pap aan die kleinding sou voer? Natuurlik nie, dis ondenkbaar! Tog is dit presies wat elke dag gebeur, sonder dat ons dit besef.

 

Maar voordat ons na die effekte van suiker op die liggaam kyk is dit belangrik om te weet wat suiker is.  Suiker kom meestal vanaf die suikerriet, en dis heeltemal natuurlik. As jy al aan ‘n stukkie suikerriet gekou het behoort jy die soet smaak daarin te proe. Die suiker is deel van die plant soos God dit gemaak het. Om egter die suiker te kry wat jy in jou tee of koffie gooi word die riet deur soveel as sewentien verfynings prosesse verwerk. Hierdie prosesse raak ontslae van alles wat nie suiwer glukose en fruktose is nie soos, vitamiene, minerale en  vesels. Die eindproduk is sewentien keer soeter as dit waarmee begin is, dus sewentien keer meer gekonsentreerd, gestroop van alles wat goed was in die oorspronklike riet!

Dit beteken dat die 1 teelepel suiker wat jy in jou koffie gooi gelykstaande is aan 17 teelepels rou suikerriet. Al daaraan gedink om 17 teelepels suikerriet in jou koffie te gooi.

 

Wat die verfynings proses regkry, is om al die Godgegewe meganismes, wat verhoed dat jy te veel kan inneem (bloot omdat die volume te veel sal wees), te verwyder en net dit wat soet is in ‘n totaal onnatuurlike hoë konsentraat te voorsien sonder die vitamiene en minerale wat jou liggaam voed. Die verfynings proses verander die suikerriet wat ‘n komplekse plant matriks het na ‘n eenvoudige chemiese molekule. Hierdie onnatuurlike lewelose chemikalie word dan as ‘natuurlik’ en goed aan jou bemark!

Jy word vertel dis goedheid uit die natuur en dat dit ‘n perfekte bron van energie is.

 

Dis interessant om te weet dat toe suiker die eerste keer so geweldig verfynd gemaak is, dit as ‘n kragtige brein-funksie-modulerende middel onder dokters toesig gebruik was, net soos opium!

 

Omdat daar groot internasionale besigheid betrokke  is by die handel van suiker wat eie belange ten alle koste beskerm, sal jy selde hoor wat ek jou volgende gaan vertel.

 

images-34 copy 6

Wetenskaplike studies wys dat suiker geïmpliseer kan word in die groei en verspreiding van kanker, tog word die verbruik daarvan bykans nooit deur enige onkoloog aan ‘n kanker leier as nadelig vir sy herstel van kanker uitgewys nie.

 

Suiker is gevaarliker as rook vir jou liggaam, omdat jy dit reeds van ‘n jong ouderdom af in gekonsentreerde vorm inkry en dit word in amper alle kommersiële kos soorte versteek.

 

Daar is ‘n direkte verband tussen suiker verbruik en die toename in die obesiteit van veral die jonger generasie.

 

Suiker verongeluk die delikate mineraal balanse in jou liggaam, soos byvoorbeeld die van koper, magnesium, en kalsium wat lei tot ernstige toestande soos aneurismes van slagare, verkalking van are en versteurings van kolesterolvlakke.

 

Suiker het ‘n nadelige effek op jou dermkanaal wat die absorbsie van voedingstowwe benadeel en kan lei tot siektes soos Chrone se siekte en ulseratiewe kolites.

Suiker kan lei tot alkoholisme, verswakte sig, diabetes, osteoporose, tand bederf, voortydige veroudering, arteritis, asma en veelvuldige sklerose.

 

In ‘n vorige artikel het ek oor ADD en ADHD geskryf en die gevare van suiker uitgelig. Hierdie is egter net een van die probleme wat suiker in die brein veroorsaak. Suiker kan die delta, alfa, en theta golwe in die brein verhoog wat jou brein se vermoë om helder te kan dink nadelig beïnvloed. Verder kan dit depressie veroorsaak en jou kanse op Alsheimer se siekte verhoog en die frekwensie van epileptiese aanvalle verhoog.

Suiker kan ook jou hormone deur mekaar gooi soos, estrogeen in mans verhoog, PMS in vrouens vererger en ‘n afname in groei hormone veroorsaak.

 

Soos jy kan sien uit ‘n paar nadele wat ek genoem het (en daar is nog BAIE meer) is dit nie die ideale ding om naby jou of jou kind te laat kom, indien jy enigsins gesond wil wees en bly nie. Suiker is nie bloot iets wat jy behoort te vermy as jy gewig wil verloor nie, jy moet dit vermy as jy bloot gesond wil bly.

 

Wat is die alternatief vir suiker?

1.  Kunsmatige versoeters

images-34 copy 8

Stap in enige restaurant in en jy sal ten minste twee soorte suiker (wit en bruin) op die tafel aantref. Onthou tog net dat daar geen verskil is tussen bruin en wit suiker nie, beide is uiters nadelig vir jou gesondheid. Bruin suiker is net so nadelig os wit, en is wit suiker met soet molasse bygevoeg.

Die ander sakkie wat jy sal aantref op die restaurant tafel is die ‘kunsmatige versoeter’. Iemand het een keer gesê: “As God dit nie gemaak het nie, of jy dit nie kan uitspreek nie, moet dit nie eet nie!” Dit is eers waar van kunsmatige versoeters.

 

Onder kunsmatige versoeters verstaan ons dat dit dus op geen manier natuurlik is nie (daarom die naam kunsmatige versoeter) Dis iets wat iemand met ‘n wit jas agter ‘n gesig skerm in ‘n laboratorium ontdek het en as iets voordelig aan jou probeer afsmeer met slim bemarkings foefies.

 

Daar bestaan tans ‘n paar van hierdie chemikalie op die mark wat kwansuis deur die FDA in Amerika en ons eie beheer liggame as ‘veilig vir menslike gebruik’ verklaar is. Hierdie kom voor in dieet koeldranke, gegeurde water, aanmaak sap asook in baie van die liggaams bou drankies of ontbyt melkskommel drankies voor, asook in versoeters soos: NutraSweet, Canderel, Equal, NatraSweet, Splenda, Advantage en Miwon

 

Aspartaam

‘n Onlangse Italiaanse studie het aangetoon dat daar ‘n direkte verband tussen die verbruik van aspartaam en Leukemie (bloed kanker) bestaan asook met limfoom kanker.

Daar is baie tegniese redes hoekom aspartaam so nadelig is, maar laat ek net sê dat onder die regte omstandighede dit in dodelik gevaarlike substanse verander wat veelvuldige sklerose en Lupus tot gevolg kan hê.

Aspartaam is ʼn neurotoksiese  bestanddeel  wat met verskeie gesondheids probleme verbind kan word wat insluit: lighoofdigheid, suisende ore, spier en gewrigs pyne, hoofpyne, angs aanvalle, sleeptong, gesigs versteurings, pankreatitis, hoe bloeddruk, bloedklonte in die niere, epileptiese aanvalle, depressie asook geboorte defekte.

Dit beskadig die brein deur die ‘elektriese draadjies’, tussen brein selle, se insulasie af te breek, wat dan kan veroorsaak dat kortsluitings in die brein plaasvind, wat kan lei tot verlies van sekere liggaams funksies.

 

 

Sukralose is ontdek toe wetenskaplikes op soek was na ‘n nuwe insekdoder. Dit is 600 keer soeter as suiker en word gemaak van suiker wat deur veelvuldige chemiese prosesse verander word. Die vervaardigers roem daarop dat dit nie deur die liggaam geabsorbeer word nie en geen kalorieë bevat nie. Omdat dit so soet is, benodig jy onsigbare hoeveelhede om iets uitermatig te versoet. Om die rede word dit dikwels met dekstrose maltodekstrin vermeng om dit te verdun, sodat jy ‘n lepel daarvan kan gebruik. Hierdie veroorsaak dat dit nie kalorie vry is nie. Wetenskaplikes is dit egter eens dat tot 40% deur die liggaam geabsorbeer en gemetaboliseer kan word, wat deel van die rede kan wees hoekom studies wys dat dit die timus klier met tot 40% kan laat krimp (nadelige impak op jou immuunstelsel), vergrote niere en lewer veroorsaak, en die milt en limf nodes laat krimp.

 

Acesulfame (K) of ACK se veiligheids toetse is deur die vervaardiger self gedoen en nie deur onafhanklike laboratoriums nie. Dit is waarskynlik die rede hoekom die oorpronklike studies wat getoon het dat hierdie chemikalie kanker en skildklier probleme in diere veroorsaak geïgnoreer word. Dit is ook aangetoon dat Acesulfame (K) insulien afskeiding stimuleer, sonder die aanwesigheid van suiker, en dus lae bloedsuiker aanvalle kan veroorsaak.

 

Sakkarine: Is die versoeter wat die meeste studies ondergaan het deur die jare. Dit is steeds nie sonder twyfel as veilig vir menslike gebruik bewys nie. Inteendeel daar is wetenskaplikes wat besorg is oor die moontlike skakel tussen sakkarine en kanker. Vanweë die chemiese samestelling kan dit ook die volgende probleme veroorsaak: vel uitslag met erge jeuk, naarheid, diarree, blase op die tong, hoofpyne, hartkloppings en baie meer.

 

2. Ander alternatiewe vir versoeting.

 

Fruktose of vrugte suiker was vir lank deur gesondheids deskundiges as gesond beskou. Meer onlangse studies wys egter dat dit nie so voordelig is as wat gehoop was nie. Fruktose word baie maklik deur die lewer in vet omgeskakel, en kan die sogenaamde goeie cholesterol (HDL) verlaag, hoe bloeddruk veroorsaak, en insulien weerstandigheid verhoog. Ek kan nie nalaat om te noem dat hierdie die gevolge is van hoe inname van fruktose, soos bv. in konfyt, vrugte sappe, vrugte lekkers en vrugte stafies nie. Dit beteken nie dat jy moet ophou om vrugte te eet nie. Klein hoeveelhede HEEL vrugte kan baie voordelig wees.

 

Xylitol is korter op die mark en alhoewel dit tans as "veilig" beskou word is dit belangrik om te weet dat dit nie natuurlik voorkom nie. Dit word chemies afgelei van ‘n sekere boom bas. Alhoewel dit nie so ‘n negatiewe uitwerking op die gesondheid as geheel inhou soos die kunsmatige versoeters nie kan dit diarree en maagkrampe tot gevolg hê as groot hoeveelhede ingeneem word. 'n Verdere probleem is dat dit die liggaam se pH negatief kan beïnvloed.

Xylitol in klein hoeveelhede het ook voordele soos dat dit die opname van B-vitamiene en kalsium verhoog, tandbederf beveg, varser asem bevorder, beter atletiese prestering bevorder en sinus infeksies teen werk.

Indien dit met ‘kunsmatige’ versoeters vergelyk word is dit dus nie naastenby so nadelig nie.

 

3. Gesonde alternatiewe vir suiker.

Stevia is ‘n ekstrak wat van die Stevia plant se blaar. Dit is 100% veilig vir versoeting. Stevia is nie net veilig nie, maar word in sekere dele van die wêreld as medisyne vir diabete gebruik wat help om die funksie van die pankreas te normaliseer. Dit is beskikbaar in poeier, vloeistof en pilletjies. Dit is baie soeter as suiker en dus benodig jy ‘n baie klein hoeveelheid om die soet smaak te veroorsaak.

Heuning is so natuurlik dat die mens dit nog op geen manier kon namaak nie. Afgesien van heuning se medisinale eienskappe is dit ‘n uitstekende versoeter in klein hoeveelhede. Maak seker dat jy heuning van jou omgewing bekom en maak ook seker dat dit rou heuning is. Rou beteken dat dit nie vernietig is deur radioaktiewe bestraling, pasteurisasie of verhitting nie.

 

Indiese Palm suiker of ‘Jaggery’ wat van die Indiese dadel palm gemaak word en rou verkoop word in gesondheids winkels is goedkoop en is uiters natuurlik en besit self medisinale eienskappe.

Rapandura

Rapandura suiker uit Brazilië is ook natuurlik en voeg 'n wonderlike geur by enige iets waarin dit gebruik word.

Agave


Agave stroop (organies) werk uitstekend in gebak en voeg nie regtig enige geur by kos nie.

Dadels, rosyne en vye kan gebruik word om koekies en ander gebak te versoet.

 

‘n Goeie vriend en kollega van my, Garth Kent, het die volgende filosofie oor dinge wat ons by ons mond laat ingaan, of dit supplemente, drankies of kos is. “Is dit SDGG?” is altyd sy vraag. SDGG beteken, is dit wat jy wil inneem Soos Deur God Gemaak? Indien nie, behoort jy uiters versigtig daarvoor te wees. As jy dit as maatstaf gebruik vir alles wat jy in jou liggaam toelaat, sal jy lank ‘n gesonde tempel besit!

© Eirene Health Shop 2014